Alles wat jy oor Innibos moet weet

’n Droom is die bron waaruit menige dinge ontstaan wat die alledaagse lewe die moeite werd maak, en uit só ’n droom het die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees 13 jaar gelede tot stand gekom. Vanjaar is Innibos dus pure tiener wat kenmerkend nou éérs drome droom, en dus was die tema vir Innibos 2016 vanselfsprekend: Droom groot!
Met jeugdige entoesiasme en ’n tikkie voortvarendheid word dié tema reeds in die vroegte van die nuwe jaar aangekondig, anders as voorafgaande jare waar dit eers heelwat later verklap is. Die rede is eenvoudig dat Innibos vanjaar sy eie en ander se drome wil waar maak, en daarom word so gou moontlik weggespring.
Innibos en sy feesvennote gaan 13 drome waar maak voordat die fees op 29 Junie 2016 afskop. Dertien drome om elke feestelike bestaansjaar te vier.
Sien plaaslike media vir drome wat waar word.
Source: www.lowvelder.co.za/feat/innibos/
Is u opsoek na familie akkommodasie tydens die INNIBOS Nasionale Kunstefees vanaf 29 Junie tot 2 Julie?
Ons het fantastiese akkommodasie beskikbaar by Destiny Country Lodge tydens die Innibos Fees, asook 'n handige shuttle diens op aanvraag!
Skakel ons gerus by die Lodge op +27 (0)13 751 6600 of besoek ons webwerf by www.destinylodge.co.za/contact om 'n aanlyn bespreking te maak.
Sien jou daar!
Source: photo by innibos.co.za